Find our latest specials, events being held and general news as well as the latest news, events and specials in the caravan and camping industry.
Die Hartklop van die Vrystaat bring musiek, geselligheid en gemeenskapsgees na Aldam op 2 & 3 Oktober 2026. Hierdie spesiale naweek vier hoop en ondersteuning vir ons gemeenskap en seniors, met alle inkomste wat direk terugvloei na hul welstand.
Program hoogtepunte:
🍷 2 Oktober – Wyn- en brandewynveiling met ’n 3‑gang maaltyd (18:00 vir 18:30), plus vele ander lotte beskikbaar.
🍇 3 Oktober – Wynproe (R100 p.p.) van 11:00 tot 19:00, kinderpret, pretdraf, sangers vanaf 17:30, spitbraai en stalletjies. Dagfooi: R200 p.p.
🎤 Optredes – Dozi, Fatman en Dusty Dixon sorg vir topklas vermaak.
Verblyf kan direk by Aldam bespreek word, met verskeie opsies beskikbaar.
Saam bou ons hoop vir ons gemeenskap en ons seniors.
